top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kokaïen ter waarde van 25-miljoen rand by die OR Tambo-lughawe gevind

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 13, 2024
1 min read

Doeanebeamptes het 47 blokke saamgeperste kokaïen met ‘n straatwaarde van 25-miljoen rand by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Ekurhuleni gevind. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê die blokke kokaïen, van sowat vyf kilogram elk, het in ‘n reissak by die lughawe van Sao Paolo in Brasilië af aangekom. Dit was op pad na Kinshasa in die Demokratiese Republiek van die Kongo, maar geen passasier het dit vergesel nie. Die polisie ondersoek die saak.

 
 
 

Comments


bottom of page