top of page

Kommentaar word gevra oor die konsepregulasies vir tradisionele howe

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 29, 2025
  • 1 min read

Updated: Dec 30, 2025

Die Ministerie van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het ’n openbare konsultasie geopen oor die konsepregulasies en etiese kode vir tradisionele howe.


ʼn Woordvoerder van die departement, Terence Manase, sê die proses is ’n belangrike stap om die Wet op Tradisionele Howe van 2023 in werking te stel, en om te verseker dat hierdie howe deursigtig, konsekwent en in lyn met grondwetlike waardes funksioneer.


Die publiek kan tot 13 Februarie 2026 skriftelike kommentaar lewer. Die ministerie moedig alle belangstellendes aan om by te dra tot die vorming van die regulasies.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

Comments


bottom of page