top of page

Kommer heers oor die DA se 'veldtog' teen Mcebisi Jonas

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 16, 2025
  • 1 min read

Die presidensie is bekommerd oor die DA se “volgehoue veldtog” teen Suid-Afrika se nasionale belang, en om president Cyril Ramaphosa se spesiale gesant na Noord-Amerika, Mcebisi Jonas, in die verleentheid te stel.

Netwerk24 berig Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, het Dinsdag so gereageer op wat hy noem “sensasionalistiese onthullings” van DA-LP Emma Powell.

Sy het in ‘n mediaverklaring onthul dat Amerika se president Donald Trump Jonas se geloofsbriewe formeel verwerp het, en gesê het hy sal nie as Suid-Afrika se amptelike onderhandelaar erken word nie.

Powell het ook onthul dat die Ramaphosa-administrasie verskeie kere uitdruklik aangespoor is om ‘n alternatiewe gesant aan te stel.

 
 
 

Comments


bottom of page