Kommer heers oor die koste van die 30 Junie-optogte
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 hours ago
- 1 min read
Die Forum vir Suid-Afrika (Fosa) het kommer uitgespreek oor die verwagte koste van veiligheidsvoorbereidings vir komende teen-immigrasie-betogings in die land.
Dit kom nadat die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, aangekondig het dat voorbereidings vir die 30 Junie-betogings die land ongeveer R600 miljoen kan kos.
Fosa doen ’n beroep op ’n volledige uiteensetting van die koste, tesame met onafhanklike oudits om na te gaan hoe die fondse bestee word.
Die forum se Tebogo Mashilompane sê die toewysing kom neer op paniekbesteding, politieke posisionering en ’n potensiële geleentheid vir plundering.
LUISTER HIER:
Tebogo Mashilompane








Comments