top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kommer heers oor Nsfas nadat raadslede skielik bedank

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 30
  • 1 min read

Kommer word uitgespreek oor die stand van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente nadat verskeie van sy raadslede onlangs bedank het.


Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding het Woensdag aangekondig dat verskeie raadslede, insluitend die waarnemende voorsitter, dokter Mugwena Maluleke, Maandag met onmiddellike inwerkingtreding bedank het.


Terwyl die departement verseker het dat dit nie die bedrywighede by die skema sal ontwrig nie, sê die DA dat die bedankings ’n volskaalse ineenstorting van bestuur by een van die belangrikste instellings in die land se hoër onderwysstelsel weerspieël.


Die DA se Delmaine Christians sê die voortgesette uittog van raadslede, ná vroeëre bedankings vanjaar, het die raad onbekwaam gemaak om effektief te funksioneer.


LUISTER HIER:


Delmaine Christians

Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page