top of page

Kommer heers oor studente wat met Nsfas-geld dobbel

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 20
  • 1 min read

Toenemende kommer heers oor studente wat hul geld van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (Nsfas) gebruik om mee te dobbel.


Netwerk24 berig dit blyk al hoe meer studente en jong volwassenes maak staat op aanlyn dobbel as ’n vorm van inkomste om lewensmiddele te bekostig in geldelik moeilike tye.


Die hoof van die fakulteit sosiologie van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Sethulego Matebesi, sê die probleem neem landwyd onder studente toe, en dat strenger regulasies vir dobbel – en veral aanlyn dobbel – noodsaaklik is.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik dit gebeur selfs dat sommige studente met hul Nsfas-toelae dobbel.


LUISTER:


Ilde Roos


Rise Mzansi het Maandag die nasionale tesourie se besluit gesteun om die sperdatum vir openbare kommentaar oor die voorgestelde aanlyn dobbelbelasting tot 27 Februarie vanjaar te verleng.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

Comments


bottom of page