Kommer heers oor Welkomse tender-toekennings onder twyfelagtige omstandighede
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 21, 2025
- 1 min read
ActionSA in die Vrystaat sê hulle is bekommerd oor bewerings dat die Welkom Cargo Lughawe-tender in die Matjhabeng-munisipaliteit onder twyfelagtige omstandighede onreëlmatig toegeken is.
Volgens 'n plasing op ActionSA se Facebook-blad het die munisipaliteit die tender vir ‘n private ontwikkelaar om die voorgestelde Welkom Cargo Lughawe te bestuur in Augustus 2023 geadverteer.
ActionSA sê geloofwaardige ondersoekverslae beweer dat die maatskappy wat die tender toegestaan is, slegs twee dae nadat dit geadverteer is, geregistreer is, en dat die projek gekoppel is aan ‘n hoëprofiel-misdadiger wat tans op verskeie moordklagte agter tralies is.
Die party sê as hierdie bewerings waar is, ontbloot hulle Matjhabeng se verkrygingsprosesse as diep gekompromitteer, ondeursigtig en kwesbaar vir kriminele elemente.






Comments