top of page

Kommer oor vakante poste in onderwys

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 11
  • 1 min read

Suid-Afrika het meer as 29 000 vakante poste in openbare skole.

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) sê die situasie is ‘n nasionale ramp, en het sy kommer hieroor uitgespreek.

Die Departement van Basiese Onderwys sê byna 15 000 van hierdie vakatures is vir onderwysers, 8 142 is vir departementshoofde, 2 872 is vir adjunkhoofde, en 3 446 is vir skoolhoofde.

Die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng het die meeste vakatures.

 
 
 

Comments


bottom of page