top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kommer oor wanbestuur by Setas neem toe

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 13
  • 1 min read

Kommer neem toe oor beweerde korrupsie en finansiële wanbestuur binne Suid-Afrika se Sektor Onderwys- en Opleidingsowerhede, beter bekend as Setas, en die Nasionale Vaardigheidsfonds.


Miljarde rande wat vir vaardigheidsontwikkeling en opleiding bedoel is, gaan na bewering verlore weens swak toesig, burokrasie en onreëlmatige besteding.


Dit terwyl TVET-kolleges steeds sukkel met onvoldoende befondsing, verouderende infrastruktuur en ’n tekort aan dosente.


Die situasie het die debat hernu oor of huidige vaardigheidsontwikkelingsstrukture jeugwerkloosheid, wat steeds bo 46% is, doeltreffend aanspreek.


Intussen het die DA se Karabo Khakhau ’n petisie van stapel gestuur waarin gevra word dat Setas en die Nasionale Vaardigheidsfonds ontbind word.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix


 
 
 

Comments


bottom of page