Kommer word uitgespreek oorkinders se veiligheid
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 20
- 1 min read
Die burgerregteorganisasie, AfriForum, het kommer uitgespreek oor die veiligheid van leerders in Tumahole, Parys.
Die organisasie vra dat die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit dringend ’n brug bou. Volgens die organisasie word kinders van die Mandela-uitbreiding daagliks aan gevaar blootgestel, veral tydens swaar reën wanneer hulle deur stormwater moet beweeg skool toe en terug huis toe sonder ’n veilige oorgang.
AfriForum eis antwoorde oor die gebrek aan infrastruktuur en swak instandhouding van stormwaterstelsels.








Comments