top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kommissie ondersoek uiteindelik beweerde inmenging in WVK-sake

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 11
  • 1 min read

Nege maande nadat dit gestig is, het ‘n kommissie van ondersoek na beweerde inmenging in sake van die Waarheids- en Versoeningskommissie met openingsbetoë begin.


Die burgerregte-organisasie AfriForum sê hy verteenwoordig nie voormalige apartheids-polisielede wat by WVK-sake betrek word nie. Die organisasie staan wel vier getuies by wat voor die kommissie gaan getuig.


Die hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, advokaat Gerrie Nel, sê die organisasie verdedig nie persone sonder amnestie wat misdade gepleeg het nie.


Gerrie Nel. FOTO: AfriForum
Gerrie Nel. FOTO: AfriForum

 
 
 

Comments


bottom of page