Kommunikasie bly 'n uitdaging vir Bela

'n Gebrek aan kommunikasie bly een van die grootste uitdagings met die implementering van die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys, beter bekend as die Bela-wet.
Daar heers steeds spanning tussen skoolbeheerliggame en provinsiale onderwysdepartemente oor die toepassing van die wet.
Verteenwoordigers van die Departement van Basiese Onderwys en die Federasie van Beheerliggame in Suid-Afrika, oftewel Fedsas, het die kwessie tydens Fedsas se nasionale konferensie bespreek.
Die gesprekke kom terwyl skole voorberei om skoolbeheerliggaamverkiesings te hou en kommer bestaan oor die uitwerking wat die Bela-wet op die proses kan hê.
Die departement beklemtoon dat skoolbeheerliggame steeds die gesag het om hul eie beleide te bepaal, maar dat dié bevoegdheid nie absoluut is nie.









Comments