Kommunikasie bly 'n uitdaging vir Bela
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 hours ago
- 1 min read
'n Gebrek aan kommunikasie bly een van die grootste uitdagings met die implementering van die Wysigingswet op Wette op Basiese Onderwys, beter bekend as die Bela-wet.
Daar heers steeds spanning tussen skoolbeheerliggame en provinsiale onderwysdepartemente oor die toepassing van die wet.
Verteenwoordigers van die Departement van Basiese Onderwys en die Federasie van Beheerliggame in Suid-Afrika, oftewel Fedsas, het die kwessie tydens Fedsas se nasionale konferensie bespreek.
Die gesprekke kom terwyl skole voorberei om skoolbeheerliggaamverkiesings te hou en kommer bestaan oor die uitwerking wat die Bela-wet op die proses kan hê.
Die departement beklemtoon dat skoolbeheerliggame steeds die gesag het om hul eie beleide te bepaal, maar dat dié bevoegdheid nie absoluut is nie.








Comments