Koning Charles word steeds in Amerika verwag
- Saamgestel deur Jana Roos

- 10 hours ago
- 1 min read
Koning Charles en koningin Camilla van Brittanje word Maandag in Washington verwag vir 'n staatsbesoek van vier dae, insluitend 'n staatsbanket en 'n toespraak voor die Amerikaanse Kongres.
SABC-nuus berig die koningspaar se besoek volg nadat 'n man Saterdagaand tydens die Withuis-korrespondente-dinee in Washington skote op veiligheidspersoneel afgevuur het. Die Amerikaanse president, Donald Trump, sy vrou, Melania, en verskeie ander kabinetslede was by die dinee teenwoordig en moes na veiligheid geneem word. Amerikaanse wetstoepassers het aangedui dat die aanvaller waarskynlik senior Withuis-amptenare wou teiken, maar dat die motief vir die aanval nog ondersoek het.
Die Buckingham-paleis het vroeër bevestig dat die besoek ondanks die naweek se gebeure voortgaan soos wat beplan is.








Comments