Konsortium red meer as 3000 werksgeleenthede
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 16, 2025
- 1 min read
’n Konsortium van plaaslike vrugteprodusente het meer as 3 000 werksgeleenthede gered deur Langeberg & Ashton Foods van Tiger Brands vir ’n simboliese R1 te koop. Volgens ’n berig deur Moneyweb het Tiger Brands die verkoop gemaak nadat hulle nie die kommersiële lewensvatbaarheid van die besigheid kon verseker nie. Die nuwe eienaars kom uit Ashton, Robertson, Ceres, Breederivier en die Klein Karoo en bring plaaslike landboukundigheid na die maatskappy. Volgens Tiger Brands is groot moeite gedoen om ’n verantwoordelike oorgang te bewerkstellig omdat die besigheid ’n belangrike rol in die streek se ekonomie speel. Die verkoop verseker dat die vrugtebesigheid kan voortbestaan en steeds werk aan die gemeenskap kan bied.







Comments