top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Konstabel kry nuwe huis danksy Bloemfontein-gemeenskap

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 22, 2025
  • 1 min read

’n Polisiekonstabel van Betlehem het ’n nuwe huis ontvang nadat sy vorige woning in ’n brand vernietig is. Nuusflits berig konstabel Macdonald Motete het op 11 Augustus verlede jaar sy vrou en vier kinders uit die brand gered, maar die huis is heeltemal vernietig. ’n Splinternuwe, gemeubileerde huis is op Woensdag 21 Mei aan hom oorhandig tydens ’n spesiale seremonie. Die Bloemfontein-polisie het die projek met steun van verskeie rolspelers geïnisieer. Polisiewoordvoerder Kapt. Loraine Earle sê dit wys wat moontlik is wanneer mense saamwerk. Die oorhandiging het nie net ’n nuwe begin beteken nie, maar ook die herstel van hoop en waardigheid vir die gesin.

 
 
 

Comments


bottom of page