top of page

Konstitusionele Hof laat burgerskap herstel word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 7
  • 1 min read

Die Konstitusionele Hof het ten gunste van die DA se aansoek beslis om die burgerskap van Suid-Afrikaners met dubbele nasionaliteit te herstel. DA-woordvoerder Willie Aucamp sê Dinsdag dit is die gevolg van ’n 10-jaar lange regstryd deur die DA en DA Abroad. Die regstryd het gefokus op die regte van Suid-Afrikaners wat hul burgerskap verloor het na die verkryging van ’n tweede nasionaliteit sonder ’n “Behoud van Burgerskap”-brief. Die hof het die Wet op Suid-Afrikaanse Burgerskap ongrondwetlik verklaar, wat vereis het dat burgers hierdie brief ontvang voordat hulle ’n tweede nasionaliteit kan kry.

 
 
 

Comments


bottom of page