Konstruksiewerk aan die Clocolan-Marquard-pad begin later as beplan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 2
- 1 min read
Hoewel konstruksiewerk aan die R708 tussen Clocolan en Marquard oorspronklik geskeduleer was om 'n maand terug te begin, het die kontrakteur onderneem om teen middel Julie met die werk voort te gaan. Netwerk24 berig voorbereidende aktiwiteite, insluitend mediese ondersoeke en die verkrywing van persoonlilke beskermende toerusting is tans aan die gang om die gereedheid te verseker. Luidens ‘n verklaring van die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer sal amptenare op die perseel wees om die toestand van die pad te evalueer. Gesprekke sal ook met die die Clocolan-lanbouvereniging en taxivereniging gevoer word om volledige besonderhede oor die projek te verskaf en die beoogde tydraamwerk te bevestig.





Comments