top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Vrystaatse veilingmeester is weer die beste in Suid-Afrika

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 19 hours ago
  • 1 min read

'n Veilingmeester van Bethlehem het hom weer as een van Suid-Afrika se beste in die bedryf bewys.


Dit nadat hy die South African Institute of Auctioneers se nasionale veilingkampioenskap gewen het.


Volgens Nova News het Vrystater Vincent Pike die titel onlangs in Johannesburg verower nadat hy in 2024 ook as die organisasie se veilingmeester van die jaar aangewys is.


Pike werk as lewendehaweveilingmeester by Vleissentraal en het beoordelaars beïndruk met sy vermoë om bieërs te betrek en veilings doeltreffend te bestuur.


Hy sê deeglike voorbereiding, markkennis en die vermoë om vinnig besluite te neem is van die belangrikste eienskappe van 'n suksesvolle veilingmeester.


Pike hoop nou om Suid-Afrika later vanjaar by 'n internasionale veilingkompetisie in die Verenigde State te verteenwoordig.


Vincent Pike (middel), Sinovuyo Gaika en Mvuyisi Booi. FOTO: Nova News
Vincent Pike (middel), Sinovuyo Gaika en Mvuyisi Booi. FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page