Korrektiewe Dienste verwerp berigte oor "vermiste" paroolgangers
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 21 hours ago
- 1 min read
Die Departement van Korrektiewe Dienste het berigte verwerp dat duisende paroolgangers en voormalige gevangenes nie gemonitor word nie.
Dit volg na berigte dat owerhede glo nie rekenskap kan gee van byna 30 000 paroolgangers en gevangenes wat uit die stelsel verdwyn het nie.
Die departement sê egter daar is meer as 1 700 gemeenskapskorrektiewe beamptes wat toesig hou oor oortreders wat op parool of onder korrektiewe toesig is.
Volgens die departement sluit dié monitering gereelde verslagdoening, huisbesoeke, werkverifikasies en samewerking met die polisie in.
Die departement sê hy gaan voort om sy moniteringstelsels en toesigmaatreëls te versterk.








Comments