Kontant bly noodsaaklik in Suid-Afrika
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Suid-Afrika word toenemend digitaal in sy betalingsstelsels, maar die land is nie op pad na ‘n kontantlose toekoms nie.
Kenners by ENSafrica sê kontant en digitale betalings sal steeds saambestaan onder die Suid-Afrikaanse Reserwebank se nuwe Kontant Slim Strategie.
Hulle sê kontant bly veral belangrik vir informele besighede, landelike gemeenskappe en laerinkomstehuishoudings.
Die Reserwebank beskou kontant as ‘n kritieke deel van die betalingsstelsel wat bekostigbaar, toeganklik en veilig moet bly.








Comments