Korrektiewe Dienste doen onaangekondigde deursoekings in Bfn
- Saamgestel deur Jana Roos

- Dec 24, 2025
- 1 min read
Die Departement van Korrektiewe Dienste sê hulle doen onaangekondigde deursoekings in geïdentifiseerde problematiese fasiliteite.
Amptenare van die departement het Dinsdag ‘n onaangekondigde deursoeking in die Grootvlei Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein uitgevoer. Hulle het skerp voorwerpe en dwelms gevind.
Volgens die departement sal die gevangenes wat in besit van die onwettige items gevind is, aangekla, gedissiplineer en herklassifiseer word.
Die departement sê dat hulle deursoekingsoperasies regoor die land uitvoer.







Comments