top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Korrektiewe Dienste mag nie appelleer teen die G4S-beslissing nie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Die minister en die Departement van Korrektiewe Dienste mag nie appelleer teen ’n hofbeslissing oor die Mangaung- Korrektiewe Sentrum in Bloemfontein nie.


Volgens hofdokumente in Rosestad-nuus se besit bevestig die Arbeidshof sy vorige beslissing dat die Departement van Korrektiewe Dienste se oorname van die Mangaung-gevangenis vanaf G4S ingevolge arbeidswetgewing as ’n oordrag van ’n besigheid beskou word. Dit beteken die betrokke G4S-werknemers moet outomaties na die departement oorgaan.


Die departement het aangevoer dat dit nie ’n oordrag van ’n besigheid ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge is nie, maar die hof het dié argument verwerp.


In die hofdokument, wat sedert Maandag van krag is, sê die regter verder dit hang nie daarvan af of die departement instem om hulle oor te neem nie, dit is 'n regskwessie.


Die Departement is nie verlof toegestaan om dié beslissing te appelleer nie, omdat die hof bevind het dat daar geen redelike kans op sukses is nie.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page