Korrektiewe dienste moet hulle kombuise in orde kry
- Nadia Pieters
- Oct 8
- 1 min read
Die Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste sê die Departement van Korrektiewe Dienste moet verseker dat gevangeniskombuise aan alle gesondheids- en veiligheidskodes voldoen.
Die komitee het onlangs sy weeklange toesigbesoek afgeskop met ’n inligtingstoer by twee korrektiewe sentrums in die Oos-Kaap.
Volgens die komitee se voorsitter is die toestand van beide kombuise ’n ernstige gesondheidsgevaar en moet dit dringend aangespreek word.
Daar is ook kommer oor voedseltoetsing wat ’n ongereelde aktiwiteit blyk te wees, en dit ook moet dringend aandag kry.

Comments