Korrektiewe Dienste moet ‘n aksieplan voorlê om ontsnappings te voorkom

Oct 2, 2024
1 min read
Die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste het 28 dae tyd om ‘n aksieplan aan die Openbare Beskermer voor te lê oor die implementering van sy strategie en riglyne om ontsnappings te voorkom. SABC-nuus berig dit is vervat in ‘n verslag wat die O.B Maandag bekendgemaak het oor die Thabo Bester sage. In die verslag van 98 bladsye sê Kholeka Gcaleka die departement moet behoorlike moniterings-meganismes instel om ontsnappings te verhoed. Bester het in Mei 2022 ontsnap uit die Mangaung gevangenis in Bloemfontein wat deur G4S bestuur is.








Comments