top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Korrektiewe Dienste verwerp aantygings van duisende vermiste paroolgangers

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 10
  • 1 min read

Die Departement van Korrektiewe Dienste sê slegs net meer 8 300 paroolgangers het sedert 2021 gedros, en nie die byna 28 000 wat deur die ondersoekende publikasie amaBhungane aangemeld is nie.


Die departement het Dinsdag aan die parlement gesê dat paroolgangers en ontsnapte gevangenes wat nie voor 1994 opgespoor is nie, nie in hul jongste data ingesluit is nie. Amptenare sê dat sommige wat gedros het, op die stelsel gelys bly omdat hul sterftes nie amptelik deur middel van doodsertifikate aangeteken is nie.


Die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, sê meer moet gedoen word om dros te voorkom en elektroniese monitering te ondersteun. Regs- en finansiële uitdagings vertraag egter die bekendstelling van elektroniese opsporingsbande vir paroolgangers.


Pieter Groenewald. FOTO: EWN
Pieter Groenewald. FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page