Korrupsie belemmer munisipale prestasie
- Nadia Pieters

- Oct 31
- 1 min read
Korrupsie, finansiële wanbestuur, ‘n gebrek aan administratiewe kapasiteit en onvoldoende aanspreeklikheid belemmer munisipale prestasie.
Dit volgens die adjunkpresident Paul Mashatile.
Hy sê benewens ander uitdagings belemmer al hierdie dinge ook dienslewering.
Mashatile het mondelinge vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord.
Hy voeg by die Nasionale Dialoog is byeengeroep om hierdie uitdagings aan te spreek en sleutelbeginsels vas te stel.
Van die sleutelbeginsels sluit in om mense eerste te stel, armoede te bestry, ‘n voorspoedige ekonomie te bou en goeie regering te bevorder.






Comments