top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Korrupsie binne die strafregstelsel ondermyn die stryd teen georganiseerde misdaad

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 days ago
  • 1 min read

Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê korrupsie binne die strafregstelsel ondermyn Suid-Afrika se stryd teen georganiseerde misdaad.


Sy voeg by korrupte elemente binne die stelsel maak dit moeiliker om misdaad en korrupsie doeltreffend te bekamp.


Ntshavheni het president Cyril Ramaphosa bedank vir die aanstelling van die Madlanga-kommissie van ondersoek.


Die kommissie het bewerings blootgelê van polisielede wat glo met misdadigers saamwerk.


Volgens Ntshavheni is die Staatsveiligheidsagentskap nou besig om polisielede en beamptes van metropolisiedepartemente te keur.


Khumbudzo Ntshavheni. FOTO: MyBroadband
Khumbudzo Ntshavheni. FOTO: MyBroadband

 

 
 
 

Comments


bottom of page