top of page

Korrupsie-gekoppeldes kan steeds werk vir die regering doen

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 3, 2025
  • 1 min read

Tientalle individue en maatskappye wat betrokke is by staatskaping en Covid-19-verkrygingskandale bly ten volle in aanmerking om met die regering handel te dryf.


ActionSA het dit onthul nadat hulle ʼn skriftelike parlementêre antwoord van die minister van Finansies, Enoch Godongwana, ontvang het.


Volgens die party is slegs 18 individue en maatskappye op die Nasionale Tesourie se lys van beperkte verskaffers geplaas. Dit is ten spyte daarvan dat die Spesiale Ondersoekeenheid formeel altesaam 509 individue en maatskappye vir die swartlys aanbeveel het.


ActionSA se parlementslid, Alan Beesley, sê dit toon dat dringende hervormings nodig is om verdere misbruik van openbare fondse te voorkom.


Alan Beesley. FOTO: ActionSA
Alan Beesley. FOTO: ActionSA

 
 
 

Comments


bottom of page