top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Koue kom weer Vrystaat toe

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 17, 2025
1 min read

Nog bibberweer word hierdie week verwag.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat die minimum temperature in die Vrystaat vir die res van die week sal wissel tussen -1 en 7 grade Celsius, terwyl maksimum temperature sal wissel tussen 12 en 21 grade.

‘n Weervoorspeller van die weerdiens, Muneiwa Singa, waarsku op Netwerk24 dat dit veral koud gaan wees in die oostelike dele van die Vrystaat en langs die grens met Lesotho.

Dié dele sal Woensdag en Vrydag kouer as die res van die provinsie wees.

Die weerdiens waarsku boere om voorsorg te tref om hul diere teen die koue te beskerm.

 
 
 

Comments


bottom of page