Koue weer word hierdie week verwag
- Armando Pieters

- May 19
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê ʼn beduidende daling in temperature kan hierdie week in die land verwag word. Volgens die weerdiens kan hoogliggende gebiede van die land selfs sneeuval ervaar. Newskoop berig ʼn koue front word op Maandag 19 Mei oor die suidwestelike dele van die land verwag. Die koue front sal koue, nat en winderige weer in die Wes-Kaap meebring. Hierdie toestande sal op Dinsdag 20 Mei na die Noord-Kaap en Oos-Kaap versprei. Daar word verwag dat die koue weer Woensdag Gauteng sal bereik.





Comments