top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kovsies-studente neem hul veiligheid in eie hande

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 6, 2025
  • 1 min read

AfriForum Jeug se Kovsies-tak in Bloemfontein het ‘n Veiligheid 101, vir student, aan die Universiteit van die Vrystaat, en die plaaslike gemeenskap aangebied. Luidens ‘n mediaverklaring is die jeugorganisasie se missie om veilige bymekaarkomplekke op kampusse en in dorpe te vestig waar jong Afrikaners met selfvertroue kan leer, leef en blywende vriendskappe bou. ’n Valke-spesialis het ’n praatjie aangebied oor hoe om oplettend te wees en tekens van mensehandel en kubermisdaad te identifiseer. AfriForum Jeug, in samewerking met AfriForum se afdeling vir Gemeenskapsveiligheid, het daarna ’n praktiese sessie aangebied om studente vaardighede in selfverdediging te leer. Ná die sukses van Veiligheid 101 in Bloemfontein, word daar beplan om later vanjaar weer ’n sessie aan te bied.

 
 
 

Comments


bottom of page