Kragonderbrekings word in 'n Bfn woonbuurt verwag
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 12
- 1 min read
Die Mangaung Metro het aangekondig dat beplande kragonderbrekings in Generaal de Wet sal plaasvind as deel van netwerkonderhoud en opgraderings.
My City Bloemfontein berig kragtoevoer sal op 18 Junie van 09:00 tot 16:00 onderbreek word. Die werk behels die vervanging van gevandaliseerde toerusting.








Comments