top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Kragstasie-onderdeel in Pellisier veroorsaak kragonderbreking in Bloemfontein

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30, 2024
1 min read

Die Fichardtpark Woonbuurtassosiasie deel inligting van die kragonderbreking wat Dinsdagaand omstreeks 20:30 in die suide van Bloemfontein begin het,  steeds voortduur. Daar was ’n fout by die Pellisier-substasie. Tans werk ’n span hard om die 33kV-“bushing” te vervang. In hierdie stadium is dit moeilik om die voltooiingstyd te voorspel, en die vervanging van die foutiewe onderdeel is onderweg. Verdere inligting sal verskaf word soos die herstelwerk vorder.

 
 
 

Comments


bottom of page