KRIEKET: Aussie sterkolwer Sam Konstas kry Baggy Greens kontrak
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 2, 2025
- 1 min read
Die jong ster openingskolwer van Australië Sam Konstas is met ’n nasionale kontrak vir die 2025-26’ sesioen beloon wat die Wêreld Toets Kampioenskap sowel as die Reeks om die As insluit. Diè 19-jarige het opslae gemaak in sy debuut-toets teen Indië toe hy die ervare Indiese snelbouler Jasprit Bumrah aangevat het en 60 lopies van 65 aflewerings gemoker het. Konstas is een van die 23 spelers wat op Krieket Australië se lys van gekontrakteerde spelers is terwyl die 28-jarige linkerhandse draaier Matthew Kuhnemann ook sy debuut vir die Baggy Greens gaan maak. Kuhnemann was die Speler-van-die-Reeks in die 2 - 0 sege oor Sri Lanka met ’n totaal van 16 paaltjies. Australië sal die Proteas in Junie op Lords ontmoet vir die Wêreld Toets Kampioenskap eindstryd waarna hulle die Windies in ’n reeks van drie toetse sal aanvat en dan November-maand Engeland in die legendariese Reeks om die As in vyf wedstryde die stryd sal aansê.






Comments