KRIEKET: Aussies verpletter die Windies in Jamaica
- Armando Pieters

- Jul 16
- 1 min read
Australië het die Wes-Indiese Eilande geplettervat in die derde toets op Sabina Park toe hulle die tuisspan vir net 27 lopies uitgehaal het – die tweede laagste telling in toetsgeskiedenis. Die besoekers het 225 in hul eerste beurt aangeteken met die eilandspan wat met 143 lopies kon terugantwoord. Daarna het die Baggy Greens in hul tweede beurt nog slegter gevaar en was almal terug in die kleedkamer vir net 121. Met die Windies wat slegs ’n teiken van 204 moes jaag was dit Mitchell Starc wat deur die toporde gevleg het met ’n skitterende ontleding van 6/9 waar hy ook die mylpaal van 400 toetspaaltjies bereik het. Sy boulvennoot, Scott Boland, is ook met ’n driekuns beloon terwyl Josh Hazlewood die ander paaltjie geneem het. Nieu-Seeland hou egter nog steeds die rekord van die laagste telling in toetskrieket toe die Swart Pette in 1955 almal uitgehaal was vir slegs 26 lopies. Die Windies sal nou net ’n paar dae beskikbaar hê om hulle wonde te lek voor die T20-reeks van vyf wedstryde weer in Kingston wegtrek.





Comments