top of page

KRIEKET: Australië klop die Wes-Indiese Eilande in die eerste T20-wedstryd in Jamaika

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 22, 2025
  • 1 min read

Australië het ‘n oorwinning met drie paaltjies oor Wes-Indiese Eilande in die eerste T20 in Jamaika verseker. Mitchell Owen het ‘n droomdebuut vir Australië gemaak deur 1 / 14 plat te trek en dit opgevolg met ‘n vinnige 50 lopies van 27 balle af. Die Wes-Indiese Eilande het gelyk of hulle op pad was na ‘n groot totaal maar die aanvangsbouler Ben Dwarshuis het ander planne gehad en deur die laer orde gevleg met syfers van 4 / 36. Die tweede T20-wedstryd in die reeks van vyf word Woensdag op Sabina Park beslis. *Die Swart Pette het die 5de T20-wedstryd teen die Protes met sewe paaltjies gewen. Suid-Afrika kon net 134 / 8 bymekaar skraap waarna Nieu-Seeland met sewe paaltjies die oorwinning beklink het. Die twee spanne ontmoet mekaar weer Saterdag in die eindstryd nadat Zimbabwe vroeër uitgeskakel was.

 
 
 

Comments


bottom of page