KRIEKET: Bulbulia lei SA o.19’s na nog ‘n groot sege oor Zimbabwe in die Jeug Eendag Internasionale Driehoekige-reeks
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 30, 2025
- 1 min read
Suid-Afrika se o.19 kaptein Muhammad Bulbulia het met ’n briljante kolfbeurt van 130 lopies sy span na ’n oorwinning van 107 lopies oor Zimbabwe gelei in die Jeug Eendag Internasionale Drie-hoekige reeks in Harare. Hy is goed ondersteun deur Jorich van Schalkwyk en Adnaan Lagadien wat 50-talle geslaan het om die groot teiken van 347 lopies te kon jaag. Die openingsvennootskap van 103 het die besoekers op koers geplaas en al het die middelorde ietwat gestruikel was die kolfbeurt goed aanmekaar gesit. Suid-Afrika het reeds twee uit drie wedstryde gewen en ontmoet Bangladesh Donderdagoggend om 09:15 weer by die Harare Sport klub.






Comments