top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: Capitals stuit Royals in super-boulbeurt riller in IPL

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 17, 2025
1 min read

Mitchell Starc  het twee ongelooflike boulbeurte afgestuur om die Delhi Capitals  te help om ‘n dramatiese IPL-oorwinning oor die Rajasthan Royals te beklink nadat albei spanne aan die einde van 20 beurte 188 lopies aangeteken het. Starc se ses presiese streepbal-aflewerings in die laaste boulbeurt het die Royals beperk en sy druk het voortgeduur in die super boulbeurt waar Delhi 11 lopies moes jaag en het danksy Tristan Stubbs wat met die eerste aflewering wat hy ontvang het die bal direk oor die grenstou gelig vir ‘n skitter sege. Delhi is na ses wedstryde steeds bo-aan die punteleer en speel Saterdag teen die Gujarat Titans wat tans tweede in dié kompetisie is op agt punte.

 
 
 

Comments


bottom of page