top of page

KRIEKET: Chahal & Jansen boul Kings tot dramatiese sege oor Knight Riders in IPL

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 16, 2025
  • 1 min read

Yuzvendra Chahal en Marco Jansen het ‘n boulmeesterklas gelewer toe die Punjab Kings ’n totaal  van 111 - die laagste totaal in IPL-geskiedenis -  verdedig het en die Kolkata Knight Riders met 16 lopies geklop het. Jansen kon uteindelik spog met syfers van 3 / 17 terwyl Chahal se 4 / 28 die aanslag  van die Knight Riders-se lopie-jaagtog gestuit het. Die Windies se Andre Russell het op nommer sewe ingestap en ’n vinnige 17 aangeteken maar die res van die kolflys het daarna verkrummel tot ’n skamele 95 almal uit in die 16de boulbeurt. Punjab  beklee tans die sesde plek op die punteleer met die Knight Riders  twee plekke verder terug.

 
 
 

Comments


bottom of page