top of page

KRIEKET: DB bly hand opsteek vir insluiting in die Proteas groep

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 2, 2025
  • 1 min read

Die Titans se sterkolwer Dewald Brevis het met ‘n reeks skitter vertonings die afgelope paar weke gewys dat hy deel van die Protea-groep moet wees met nog ‘n briljante beurt van 68 lopies van net 32 balle vir die Hampshire Hawks waarin hy ses reuse-sesse geslaan het. Hy en Toby Albert het ‘n vennootskap van 80 lopies gebou wat Hampshire gehelp het om 230 / 7 aan te teken teen Essex in ‘n T20-wedstryd. Essex het nooit hul voete gevind nie en is vir net 124 lopies uitgehaal met Liam Dawson en Scott Currie wat tussen hulle sewe paaltjies geneem het vir ‘n oorwinning van 106 lopies. Die legendariese Protea snelbouler Dale Steyn het ook gesê dat DB  eenvoudig te goed is om nie internasionale krieket te speel nie.

 
 
 

Comments


bottom of page