KRIEKET: Die Swart Pette klop die Proteas naelskraap vir die T20 Drienasies-titel in Harare
- Armando Pieters

- Jul 28
- 1 min read
’n Briljante laaste boulbeurt deur Nieu-Seeland se veteraan snelbouler Matt Henry het die T20 Drienasies-titel voor die neuse van die Proteas met drie lopies opgeraap. Die Swart Pette het 180 / 5 aangeteken danksy Devon Conway en Rachin Ravindra se onderskeie beurte van 47 lopies. Die Proteas het 22 lopies benodig van die laaste twee beurte en toe Dewald Brevis met twee sesse lostrek teen die boulwerk van Jacob Duffy was die wenteiken binne sig met slegs sewe lopies wat benodig was vanaf die laaste boulbeurt. Henry – wat ook as die Speler van die Reeks aangewys is – het egter die paaltjie van die gevaarlike Brevis ingepalm toe Michael Bracewell op die grens die bal terug in die veld gegooi het om dié vangskoot te benut het. Sommige het agterna gesê het dat indien daar ’n veldkussing oor die kaal twee meter kol op die grens was sou dit dit nie uit gewees het nie maar op die einde het die Proteas net hulself te blameer vir die nederlaag aangesien 19 ekstras gelek is wat aan die einde die verskil tussen wen en verloor was.





Comments