top of page

KRIEKET: Engeland wen eerste toets teen Indië

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 25, 2025
  • 1 min read

Engeland het ’n puik terugvegpoging geloods om Indië op Dag 5 van die eerste toets op Headingley met vyf paaltjies te kon troef. Die tuisspan moes ’n teiken van 371 jaag en het danksy beurte van die buksie Ben Duckett met 149 en sy aanvangsvennoot Zak Crawley se 65 ’n stewige fondasie vir die Leeus gelê. Die veteraan Joe Root was nie uit nie op 53 terwyl die nommer sewe kolwer Jamie Smith met sy bydrae van 44 heel gepas die wen-vier in die 82ste boulbeurt geslaan het. Die tweede toets in die reeks van vyf begin 2 Julie op Edgbaston.

 
 
 

Comments


bottom of page