top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

KRIEKET: Engelse klubspan herskryf rekordboeke

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 27, 2025
1 min read

Die rekordboeke is Saterdag op ’n skouspelagtige wyse herskryf nadat die Richmond-klub se vierde span deur North-London se derdes in die Middlesex graafskap-liga vir slegs twee lopies uitgehaal is. North-London het eerste gekolf en ’n reuse 426/6 in sy 45 boulbeurte ingeryg, maar toe dit Richmond se beurt was om die wilgerlat te swaai het die kolwers duidelik nie diè wedstryd-plan “gevolg” nie. Richmond kon net een lopie met die kolf bydra terwyl die ander ekstra vanaf ’n wydloper gekom het. Agt kolwers was uitgehaal vir eendjies terwyl North-London se twee openings boulers verwoesting gesaai het en hul teenstanders almal reeds teruggestuur het kleedkamer toe in die sesde boulbeurt. In ’n inskrywing deur Richmond op X is dit nie ’n uitslag waarop diè klub trots is nie maar het ten minste gespog met die tweedes, derdes en vyfdes wat darem hulle onderskeie liga-wedstryde gewen het.

 
 
 

Comments


bottom of page