KRIEKET: Green wil wys hy is gereed vir speel teen die Proteas
- Armando Pieters

- Apr 1
- 1 min read
Cameron Green hoop om in sy paar graafskapwedstryde te wys hy is gereed om oorweeg te word om vir Australië teen Suid-Afrika in die Wêreldtoetskampioenskap te speel.
Dié einstryd vind vanaf 11 Junie op Lord's plaas.
Green het nou ná 'n rugoperasie herstel, en sal net kan kolf indien die Aussies hom herroep.
Volgens IOL sê Green hy is baie bly hy het die operasie ondergaan. Hy het vooraf met Jason Behrendorff en Ben Dwarshuis gesels – wat dieselfde operasies met baie sukses gehad het – en vertel hy oefen al vir vier tot vyf maande in die gimnasium, hardloop al vir die laaste twee maande, en kolf al vir die laaste maand.
Die veelsydige speler sal egter eers in Oktober weer kan begin boul, wat hom dalk kan kniehalter om nou weer die toetsspan te haal.





Comments