top of page

KRIEKET: Gujarat Titans bespeek plek in IPL uitspeelrondes nadat hulle Delhi Capitals oorrompel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 20
  • 1 min read

Sai Sudharsan en Shubman Gill het met ‘n foutlose openings-vennootskap van 200 lopies verseker die Gujarat Titans het die IPL se uitspeelrondes bereik nadat hulle die Delhi Capitals in hul eie agterplaas met 10 paaltjies afgeransel het. Sudharsan het as ‘n impakspeler 108 lopies gemoker terwyl kaptein Gill op 93* geëindig het en met een boulbeurt oor die Capitals se telling van 199 / 3 kon bereik. Met diè toernooi weer op dreef gaan daar nog heelwat vuurwerke te sien wees in ‘n dramatiese aanloop tot die herskeduleerde IPL-eindstryd vroeg in Junie.

 
 
 

Comments


bottom of page