KRIEKET: Heinrich Klaasen groet die Proteas
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 3, 2025
- 1 min read
Die Proteas se mokerman Heinrich Klaasen het Maandag sy onmiddelikke uittrede uit Suid-Afrikaanse en internasionale krieket aangekondig. Dis ’n groot terugslag vir Protea krieket aangesien Klaasie nie vir die T20 Wêreldbeker toernooi volgende jaar beskikbaar gaan wees nie sowel as die daaropvolgende jaar se WB-eendagtoernooi. Hy het 58 T20 wedstryde gespeel met ’n hoogste telling van 174 teen ’n treftempo van 141.84 Klaasen het nou die keuse om in T20-reekse regoor die wêreld te speel terwyl hy ook nou die geleentheid gaan benut om meer tyd saam met sy famile deur te bring. *Die ander groot slaner in wêreldkrieket die Aussie Glen Maxwell het ook Maandag sy uittrede uit eendag krieket aangekondig.






Comments