KRIEKET: Humeure vlam op in derde toets tussen Engeland en Indië
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 14
- 1 min read
Die derde toets tussen Engeland en Indië stuur op ’n spannende einde af op Lord’s Beide spanne het eerste beurt tellings van 387 aangeteken met Joe Root en KL Rahul wat uitgeblink het met honderdtalle. Daar was egter drama laat aan die einde van die derde dag toe Indië twee boulbeurte beskikbaar gehad on na Engeland se openingskolwers Zak Crawley en Ben Duckett te boul. Met die vyfde aflewering van Jasprit Bumrah se eerste boulbeurt het die bal rakelings met Crawley se handskoen kontak gemaak en het hy daarna twee keer die spel onderbreek en na die span se fisioterapeut beduie vir behandeling. Indië se kaptein Shubman Gill het egter ’n paar gevleuelde woorde met Crawley gedeel oor tydvermorsing waar Duckett ook tussenbeide getree het. Die uitsaaier SkySports het daarna sy kykers om verskoning gevra vir Gill se uitlating op die lug toe dit deur die paaltjie-mikrofoon opgetel is. Engeland was in hul tweede beurt uitgehaal vir 192 en het aan Indië ’n teiken van 193 gestel om diè toets te wen. Teen uitskeityd was die besoekers op 58 / 4 en nog 135 lopies agter die wenteiken.





Comments