SKOLE-RUGBY: Die gewilde FSPSR Onder-12 Interprovinsiale Sewes-rugbytoernooi beloof aksie en opwinding

52 minutes ago
1 min read
Die gewilde FSPSR Onder-12 Interprovinsiale Sewes-rugbytoernooi skop vanoggend om 9-uur by Sentraal Hoërskool af, met spanne van regoor die land wat mekaar die stryd gaan aansê.
Jong spelers sal oor twee dae teen mekaar sal meeding.
Die toernooi gee spelers die kans om hul provinsies te verteenwoordig en hul vaardighede in die vinnige sewes-formaat ten toon te stel.
O12 A Vrystaat-kaptein Frederik van Eeden sê dit beloof baie aksie en opwinding op te lewer wanneer die beste spanne mekaar die stryd aansê.
LUISTER HIER:
Frederik van Eeden - 7's
Die toernooi duur Woensdag voort by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein.








Comments