top of page

KRIEKET: Jorich van Schalkwyk breek die o.19 S.A. kolfrekord wat 25 jaar lank gestaan het

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 23
  • 1 min read

Suid-Afrika se o.19 span het ‘n oorwinning van 14 lopies oor Bangladesh in die laaste Jeug-eendagreeks in Benoni behaal en terselfdertyd ook ‘n nuwe kolfrekord opgestel. Jorich van Schalkwyk het ‘n onoorwonne 164 lopies geslaan om die SA o.19-rekord vir die hoogste individuele telling van 156* te verpletter wat deur Jacques Rudolph teen Nepal in 2000 aangeteken was. Die openingskolwer het 156 balle getrotseer en 14 viere en vier sesse geslaan en ook ‘n tweede paaltjie vennootskap van 181 lopies met Muhammad Bulbulia gedeel wat ‘n waardevolle 62 bygevoeg het. Ntando Soni het ses paaltjies ingeoes en het Suid-Afrika gehelp om een uit drie wedstryde in dié reeks te kon wen. *LUISTER: JORICH VAN SCHALKWYK*

 
 
 

Comments


bottom of page