top of page

KRIEKET: Knights trek Lions se tande in KSA Eendagbeker-stryd in Johannesburg

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 3
  • 1 min read

Die Knights het in ’n reën ontwrigte wedstryd op die Wanderers in Johannesburg die Lions met 74 lopies volgens die DLS-metode geklop. Die besoekers het eerste gekolf en 292 / 7 in 39 beurte ingesamel met die openingskolwer Jacques Snyman wat weer geskitter het met 160 van net 118 aflewerings. Sy beurt het 12 viere 8 sesse ingesluit. Die Lions kon daarna in hul kolfbeurt nie die verlangde lopietempo handhaaf nie en is beperk tot 220 / 8. Die Knights wat nou tot die tweede plek opgeskuif het op die punteleer speel eerskomende Vrydag teen die Dolphins op Kingsmead.

 
 
 

Comments


bottom of page